michelle-obama--aAlmal is in rep en roer om die Amerikaanse Withuis in ’n Kersparadys te verander. Michelle Obama het dié foto op haar Instagram-blad gedeel. Obama KersfeesDie Amerikaanse president, Barack Obama en sy vrou Michelle glimlag breed voor die groot Kersboom in die Withuis. cheryl-cole-xmas-dogs--aDie sangeres Cheryl Cole se honde Coco (links) en Kiera (regs) is ook hierdie jaar deel van haar Kersversierings. taylor-swift--aTaylor Swift was gelukkig genoeg om ’n Kersboom in haar hotelkamer in Australië te hê, en is glo mal daaroor. Sy is toer nou deur Australië. jessica-alba--aMa van twee Jessica Alba het dié foto van ’n sneeuman uit babadoeke geneem en met haar aanhangers gedeel. kris-jenner--aSó is die Kardashians se voorportaal vir Kersfees versier. Kris Jenner het dié foto op haar Instagram-blad gedeel. heidi-klum--aDie supermodel Heidi Klum soek na die perfekte Kersboom... Victoria Kersfees 1Victoria Beckham is besig om haar pienk Kersboom te versier - en dít op baie hoë hakke! Dié boom is een van ’n hele paar Kersbome wat opgeslaan is om die Spice Girls-poppe dié Kerstyd te bemark. Hoe het jy die jaar besluit om jou huis te versier? Deel ’n foto met ons - plaas dit op ons  Facebook- of Twitter-blad met die hashtag #SARIEKersfees, of stuur ’n e-pos aan lucelle.hough@sarie.com.