Volgens Channel24 gaan hulle in die Suikerbossie-restaurant in Houtbaai ewige trou beloof. Morgan het op haar Twitter-blad geskryf dat die gaste al vanaf Woensdag in Kaapstad aangekom het vir die troue. Lede van haar familie en nabye vriende van haar sal van Ierland af reis om die troue by te woon.

Daar trou omtrent baie paartjies vanjaar, kyk net wie het ook in 2011 afgehaak:

Prins William en Kate Middleton  Kate Middleton en prins William
 Reese Witherspoon en Jim Toth Reese Witherspoon en Jim Toth
 Luisana Lopilato en Michael Buble Michael Buble en Luisana Lopilato
 
Charlene Wittstock en prins Albert
 Ryan Piers Williams en America Ferrera America Ferrera en Ryan Piers Williams
 Jamie Hince en Kate Moss Kate Moss en Jamie Hince
Bobby en Annetjie van Jaarsveld
 Dunay Nortjé en Kurt Darren Kurt Darren en Dunay Nortjé

Ander bekendes wat ook verloof is en later vanjaar trou, is die glanspaartjie Zetske van Pletzen en Altus Theart, die nuwe Boer soek 'n vrou-aanbieder, Angelique Gerber, sanger Arno Jordaan, Springbok Schalk Burger en realiteitster Kim Kardashian.