SA se sportiewe paartjie, aktrise Vanessa Haywood en Suid-Afrika se voorste roete-drawwer Ryan Sandes, is op die oomblik in Japan waar Ryan tans aan ’n wedloop deelneem. Hier is van hul reisfoto's.

Ryan neem deel aan ’n wedloop op die Japanse eiland Honsjoe waar die vulkaan berg Foedji geleë is. Sy meisie, die District 9-aktrise Vanessa én self ’n fiksheidsentoesias, is daar om hom te ondersteun. Sy deel sy vordering in die resies op Twitter vir sy aanhangers. Haar laaste twiet het gesê dat Ryan op die oomblik die 6de plek beklee, maar net bietjie meer as 5 minute agter die voorloper is.

Dié paartjie het egter die hele reis na Japan baie geniet en hul interessante oomblikke op kamera vasgevang.

Die paartjie land in Hong Kong FOTO: Twitter  @VanHaywood Die paartjie land in Hong Kong voor hul reis na Japan
FOTO: Twitter @VanHaywood

Vanessa voor die trein wat hulle na berg Foedji neem FOTO: Twitter  @VanHaywood Vanessa voor die trein wat hulle na berg Foedji neem
FOTO: Twitter @VanHaywood

Een van die interessante geregte FOTO: Twitter  @VanHaywood Een van die interessante geregte
FOTO: Twitter @VanHaywood

Ryan Sandes inspireer SA aktrise vir haar eie wedloop

Berg Foedji vanoggend voordat Ryan se wedloop begin het FOTO: Twitter  @VanHaywood Berg Foedji vanoggend voordat Ryan se wedloop begin het
FOTO: Twitter @VanHaywood

Ryan reg vir die wedloop vanoggend FOTO: Twitter  @VanHaywood Ryan reg vir die wedloop vanoggend
FOTO: Twitter @VanHaywood

District 9-ster Vanessa Haywood wys haar gunsteling-plek en foto's