Dis baie min wat ons ons gunsteling-sterre sonder grimering sien. Maar Cameron Diaz, Heidi Klum en Jennifer Aniston het al foto's van hulself sonder grimering op sosiale media gedeel.

Die 41-jarige aktrise Cameron het dié foto van haarself gedeel met haar nuwe boek. Dié boek gaan oor hoe om reg en gesond te eet en is gemik op jong meisies wat soms ongesonde maniere gebruik om maer te bly. Sy het aan E Online! gesê: "Die boek is nie oor jou gewig nie, dit help mense hoe om die regte keuses te maak."

FOTO: Jennifer Aniston sonder grimering - KLIK HIER

Model Heidi Klum, wat hierdie jaar 40 jaar oud geword het, het ook ’n foto van haarself sonder veel grimering gedeel. Sy het wel ’n filter oor die foto gesit wat gewoonlik jou veltoon meer egalig laat lyk. Sy sê in die onderskrif dat sy moeg is - maar daarvan sien ons geen teken nie!

Chris McMillan, die man verantwoordelik vir Jennifer se sysagte lokke (ja, ook vir ‘The Rachel’ in die 90's! én haar nuwe kort bob), het ’n foto van hom en Jennifer sonder grimering onlangs op sy Instagram-profiel gedeel. Chris gaan ook blykbaar Jennifer se hare doen op haar troudag.

FOTO: Chris het by dié foto geskryf: Best #friends #no makeup #girl-time

Goeie gene het seker ’n groot aandeel daarin dat Jennifer se vel op 44-jarige ouderdom steeds gloeiend is, maar sy sê ook dat water, genoeg slaap, en ’n gesonde leefstyl ’n baie groot rol speel.

Charis Labuschagne

SARIE se skoonheidsredakteur Charis Labuschagne sê een van die geheime vir ’n stralende vel is die regte afskilferaar - lees meer HIER.