Die ontwerper Victoria Beckham verkoop eersdaags 25 uitrustings uit haar dogter, Harper, se indrukwekkende klerekas.

Die voormalige Spice Girl span kragte saam met die nie-winsgewende organisasie Save the Children se Fashion Saves Lives-uitverkoping, berig Hello! 

FOTO: Webtuiste savethechildren.org.uk/ FOTO: Webtuiste savethechildren.org.uk

Victoria verduidelik waarom sy dié organisasie, wat basiese kinderregte bevorder, ondersteun: "As ’n ma glo ek sterk dat alle kinders, waar hulle ook al bly, die reg het tot ’n gelukkige en gesonde lewe."

Ontwerpersitems van onder meer Gucci, Marc Jacobs, Ralph Lauren, Roksanda Ilincic, Stella McCartney én Chloé is vanaf 18 Junie aanlyn by Mary’s Living & Giving te koop.

Al 25 uitrustings kan HIER gesien word.

Bronne: Hello! en Save The Children

Lees ook