Burger King bestaan reeds sedert 1954 en is die tweede grootste hamburger-kettingwinkel ter wêreld. Die groot burger waarvoor Burger King bekend is, is die Whopper. Hulle bedien daagliks regoor die wêreld 11 miljoen kliënte! En nou kan Suid-Afrikaners ook hierin deel.

Die ikoniese Whopper-burger en sy span het die Kaap eers goed verken voordat hulle die skare voor die nuwe restaurant in Heerengrachtstraat verwelkom het. Die eerste 1 000 kliënte in die ry kon 'n burger verniet kry!

Burger KingBurger King

Selfs die bekende sangers wat hierdie week in Kaapstad opgetree het, het saam met die Whopper gekuier. (Kyk hoe oortuigend is die Justin Bieber-en Jon Bon Jovi-dubbelgangers!)

Burger King

Toe Burger King vandag 12:00 sy deure oopgemaak het, het die toue buite die restaurant meters ver gestaan! SARIE kon saam met 'n paar bekendes vóór die opening van die burgers probeer. Burger KingBurger King FOTO: Die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, gesels met die voormalige Springbok Breyton Paulse

Burger King

FOTO: SARIE se digitale redakteur, Lou-Ann Stone, en die komediant Marc Lottering

Burger King

FOTO: Al die mense wag vir hul eerste hap van 'n Burger King-burger

Burger King

FOTO: Die televisie- en radio-aanbieder, Liezel van der Westhuizen

Burger King

FOTO: Marc Lottering en Leigh-Anne Williams (van die ontbytprogram Expresso) staan gereed om die honger mense te bedien. Die sanger Jack Parow het ook later agter die toonbank ingeskuif.

Omdat die eerste 1000 Whopper-burgers verniet weggegee is, het mense ure lank in die tou gestaan. 'n Meisie het van gisteraand af voor Burger King uitgekamp om die heel eerste lid van die Suid-Afrikaanse publiek te wees om 'n hap van dié bekende burger te vat.

HIERONDER is die video van haar eerste hap: