Sy akteurslewe tydens Friends was glansryk, maar agter die skerms het Perry 'n stryd geveg.

"Ek het 'n massiewe alkohol- en pil-verslawing gehad, en ek kon eenvoudig dit nie stopsit nie," het Perry eksklusief aan People vertel.

Perry was verslaaf aan vicodin, 'n skedule-3 pynpil wat, soos heroïne, van die papawerblom afkomstig is en 'n euforiese gevoel tot gevolg het. "Dit het mettertyd só erg geword dat ek dit nie langer vir mense kon wegsteek nie."

SA akteur Hykie Berg praat oor sy dwelmverslawing

Op 43 het Perry finaal besluit om sy verslawing te behandel. "Iets het gekliek," vertel hy. "'n Mens moet jouself wil help. Ek het so baie foute gemaak, en nou kan ek mense help." Perry help ook nou ander verslaafdes deurdat hy sy strandhuis in Malibu in 'n rehabilitasie-kliniek vir mans omskep het.

Lees óók

SA se beroepmense swig voor opkikkers en dwelms

Elzabé Zietsman praat oor haar stryd teen alkoholisme