In die gewilde kykNET-reeks Fynskrif speel talle groot name: Tinarie van Wyk-Loots, Susanne Beyers, Chris van Niekerk, Cintaine Schutte, Kim Cloete, Neels van Jaarsveld en Crystal-Donna Roberts.

Crystal-Donna Roberts FOTO Leon Oosthuizen

En nou ondergaan Crystal-Donna ’n transformasie in die nuwe episode van Die Skatties. Elke Donderdag om 18:00 op VIA (kanaal 147) word ’n Suid-Afrikaanse bekende in ’n ikoon verander. Vanaand verander sy in die Amerikaanse sanger en aktivis Eartha Kitt.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Wie was Eartha Kitt?

In 1927 was Eartha Kitt op ’n plantasie in Suid-Carolina gebore, sy het nooit haar pa geken nie. Haar kinderdae was geensins gelukkig nie en sy moes by verskeie familielede van haar ma, Annie, gebly. 

In 1954 het die sangeres haar bekendste treffer "Santa Baby" gesing. Dis nou nog ’n gewilde feesliedjie.

Eartha het in talle rolprente, TV-reekse en verhoogproduksies gespeel. Sy was ook nie bang om haar stem te laat hoor nie en was ’n aktivis vir ondermeer die LGBT-beweging. 

Sy het  in 1961 haar enigste kind, Kitt MacDonald, uit haar huwelik met sakeman John MacDonald verwelkom. Die paartjie se paaie is in 1965 geskei.

Eartha is in 2008 op die ouderdom van 81 oorlede.

Kyk haar uitvoering van die gewilde lied 'C'est si bon':

En só lyk Crystal-Donna as Eartha

FOTO SJ van Zyl

Die Skatties wys elke Donderdag om 18:00 op VIA (kanaal 147).