In die gewilde kykNET-regsdrama Fynskrif kon kykers die afgelope weke kennis maak met Cintaine Schutte, in die rol van Katrien Nienaber, en Carel Nel, haar kêrel Sam Cobain.

View this post on Instagram

Fynskrif @kyknettv 20h00 tonight #gaanwen

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte) on

Cintaine is geen onbekende nie en was voorheen te sien in die ewe gewilde kykNET-reeks Die Boland Moorde. En by die afgelope Silwerskermfees het sy erkenning gekry vir haar uitstekende spel in Christiaan Olwagen se Die Seemeeu.

Carel self is geen nuweling nie. Die bekroonde akteur het einde verlede jaar die rol van die hartchirurg prof. Chris Barnard vertolk in kykNET se dokumentêre drama Hartstog. By die Silwerskermfees was hy te sien in Dominee Tienie.


Cintaine en Carel is al sewe jaar saam. Sy het vroeër vandeesmaand vir SARIE.com vertel hoe opgewonde sy is om in Fynskrif teenoor haar “Liewe Carel Kat” te speel.

In Fynskrif word Sam en Katrien se verhouding dramaties beëindig. Katrien vra Sam om te trou in ’n poging om hul verhouding te red. Sam breek egter haar hart wanneer hy bieg dat hy haar verneuk het met ’n vriendin. 

In die regte lewe is Cintaine en Carel se verhouding egter in ’n gelukkige nuwe hoofstuk. Die paartjie het pas hul verlowing aangekondig!

View this post on Instagram

En toe sê ek JA! ?

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte) on


Cintaine het vir SARIE.com gesê Carel is haar beste vriend en laat haar veilig voel. Ons hoop ons sien nog baie meer van die akteurspaar - op die verhoog en in lewende lywe!