Hudson, wat sedert 2011 verloof is aan Muse-groep se sanger, Matthew Bellamy, het onlangs gesig gewys by die Tribeca Film-fees in New York waar haar die fliek The Reluctant Fundamentalist vanjaar wys. Toe sy uitgevra is oor of sy en Bellamy die knoop binnekort gaan deurhaak, het sy gesê dat sy "baie uitsien daarna".

"Ons moet dit beplan, maar ons was albei só besig die afgelope tyd. Maar dit gaan beslis gebeur," het Hudson gesê.

Sy en Matthew het 'n seuntjie, Bingham (21 maande), saam. Haar ander seuntjie, Ryder (9), se pa is haar vorige man, Chris Robinson. Hulle was van 2000 tot 2007 getroud.

Hudson en Bellamy is nou al 'n geruime tyd saam, maar meen sy, die troue gaan 'n familie-fees wees.

"Ons sal graag 'n seremonie wil hou, en ons familie daar hê om saamgebind te word," vertel sy.

Hier's 'n voorprent van Kate sy nuwe fliek, The Reluctant Fundamentalist