Shakira en die Spaanse sokker-speler Gerard Piqué gaan reeds vir 3 jaar uit en is die trotse ouers van oulike Milan wat nou 1 jaar oud is.

Kyk hou oulik is Milan!  FOTO: Instagram @shakira Kyk hou oulik is Milan!
FOTO: Instagram @shakira

Alhoewel dié foto op die stel van haar nuwe musiekvideo vir die liedjie "Empire" geneem is, wonder almal of sy nie tog ’n boodskap stuur nie.

FOTO: Twitter @shakira FOTO: Twitter @shakira

Die 37-jarige "Waka Waka"-sangeres lyk pragtig in die wit moulose tourok met natuurlike grimering en gekrulde hare.

Shakira het in die verlede gesê dat die 27-jarige sokkerspeler die beste ding is wat nog met haar gebeur het. Hy en dan natuurlik klein Milan.

Eerste dans as getroudes

Wanneer groot musieksterre trou, wonder ons altyd op watter liedjie hulle gaan besluit vir hul eerste dans.

Blaai deur ons galery om te sien op watter liedjie dié bekendes eerste as man en vrou gedans het.