Aktrise Rachel McAdams (35) het sonder 'n druppel grimering op die voorblad van Allure tydskrif verskyn. Sy laat haar vlekkelose vel die praatwerk doen, en haar oë straal behoorlik. Só berig Dailymail.co.uk

Dit is egter nie 'n eerste nie, en met die #nomakeupselfie -trend wat in onlangse maande op sosiale media gegons het, het miljoene vroue wêreldwyd hul geen-grimering-foto's met hul vriende gedeel. Die sterre doen dit gereeld.

article-2686647-1F82E69400000578-940_634x873 Rachel McAdams op die voorblad van Allure

Soos Jennifer Anderson. Sy en haar haarkapper het in Augustus verlede jaar hierdie foto op Instagram gedeel:

screen_shot_2013_08_05_at_8.24.50_am_630w

En Nigella... op Vogue se voorblad

article-2572531-1BFF652600000578-903_634x817-570x734

Bekende modelle het ook al sonder grimering in Harper’s Bazaar verskyn. Selfs Cindy Crawford het sonder ‘n sweempie grimering haarself deur Peter Lindberg laat afneem...

cindy

SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2014

**Onthou, die top-10 Voorbladgesig-finaliste verskyn in die Augustus-uitgawe van SARIE en is reeds digitaal beskikbaar - sien die top-10 híér!

LEES OOK!

FOTO'S: Veertigplus-sterre sonder grimering