Sanger Steve Hofmeyr is gisteraand vir spoed gevang nadat hy naby Bronkhorstspruit oor die spoedgrens gery het - maar hy het geen negatiewe gevoelens hieroor nie.

Steve is omstreeks 17:00 afgetrek op die N4 tussen Pretoria en Badplaas waar hy meer as 160km/h in ’n 80km/h-sone gery het. Hy was onderweg na ’n konsert en is op borgtog vrygelaat, berig Die Burger.

Steve het op sosiale media gewys dat hy geen kwade gevoelens teenoor die verkeersdepartement het nie en hulle geloof vir hul goeie diens. Steve het selfs ’n grappie oor dié insident gemaak en na Julius Malema verwys, wat ook gisteraand in die Vaaldriehoek in hegtenis geneem is vir dieselfde oortreding.

Dít is Steve se reaksie op sy Facebook-blad:

On the evening of December the 19th I was rushing from Pretoria to a concert in Badplaas when I was pulled over on the N4 and arrested for exceeding a speed of 160km/h. I concede this was irresponsible and dangerous. The Bronkhorstspruit officers in charge were friendly, professional and thorough. Bail was set and paid. Although this is the first time this has happened to me in 30 years of travelling, I expect nothing less from our SAPS and Traffic Departments. Thanks guys and girls on duty.

Janine was deurgangs saam my en selfs sy is goed behandel. Ek het my skoonma se adres as alternatief aangegee en gevra dat hulle haar asseblief nie moet bel voor ons troue nie...

(sic)

Selfs nie sy oorvol e-posse het hom onder gekry nie. Hy sien nou net uit na sy vakansie ...