Oprah Winfrey, die superster van gesels-televisie wêreldwyd, gaan op 9 September 2011 die laaste episode van Oprah uitsaai. Ná 25 seisoene se drama, onthullings, trane, emosies, sensitiewe onderhoude, glansmense en politiek is dit die einde van 'n era.

So, wat gaan Oprah dan doen? Aftree? Nog nooit gesien nie!
Sy gaan glo aan haar eie TV-kanaal werk. OWN (The Oprah Winfrey Network) gaan 'n gesamentlike poging tussen Winfrey en Discovery Communications wees. OWN gaan die Discovery Health Channel in sowat 70 miljoen Amerikaanse huishoudings vervang. Kyk Oprah vir meer inligting...
Besoek ook Oprah.com

Oprah-feite

  • Oprah Winfrey is sowat 2.7 miljard dollar werd - die eerste Afri-Amerikaanse miljardêr. Sy't baie arm groot geword.
  • In 1985 stig sy Harpo Productions, The Oprah Winfrey Show is ook daardie jaar vir die eerste keer uitgesaai.
  • The Oprah Winfrey Show word tans in 145 lande uitgesaai.
  • Sy't in 2008 haar voorwaarde om nie polities betrokke te raak nie verbreek, deur Barack Obama in die openbaar te ondersteun.
  • Haar ondersteuning het Obama sowat 1 miljoen stemme besorg!
  • Dr. Phil het sy bekendheid te danke aan Oprah.
    Bron: AFP