Die 49-jarige Oscar-bekroonde aktrise en die 52-jarige Clooney, wat nog nie voorheen getroud was nie, se vriendskap strek reeds oor meer as twee dekades en nou speel hulle in 'n film saam. Gravity gaan oor 'n mediese ingenieur (Sandra) en 'n ruimtevaarder (George) wat moet saamwerk wanneer hulle in die ruimte verlore is ná 'n insident. Kenners meen hierdie fliek maak reeds sterk aanspraak op 'n Oscar vir Beste Film.

Entertainment FOTO: Entertainment George Clooney wéér enkellopend By die première by die Toronto Filmfees het Sandra net die grootste lof vir haar medester gehad. "George is presies dieselfde persoon wat ek leer ken het ... Hy het sy lewe gevat en iets goeds daarmee gedoen."

George is 'n goeie man, ek is trots om sy vriend te wees en te sien watter mens hy geword het.

Alhoewel hierdie twee baie gemaklik met mekaar op die rooitapyt van Gravity se première gelyk het, het Sandra die idee van 'n verhouding met George afgelag. "Nee, hy maak nie ogies vir my nie. Dalk skeeloë, maar dis hoe ver dit gegaan het!"

George het ook gesê hulle is net vriende en omdat hulle mekaar ken voordat hulle suksesvolle akteurs geword het, is daar geen pretensie tussen hulle nie.

PEOPLE FOTO: PEOPLE

As dié twee wel eendag 'n romantiese verhouding het, sal Sandra se 3-jarige seun, Louis, nie omgee nie. Louis en George kuier glo alte lekker saam. "My seun dink George is 'n baie cool dude," het Sandra gesê. "As daar 'n keuse was tussen my en George en Alfonso (die film se regisseur), sal hy die mans kies. Hy's 'n regte seun, wil die hele tyd tussen die mans wees."

Sandra Bullock: 'In my 40's lewe ek soos ék wil'

HIERONDER IS DIE LOKPRENT VAN GRAVITY:

Bronne: Star Magazine en Daily Mail