Stacy het waarlik die koppe laat draai in ’n goue Maria Lucia Hohan-aandrok in Londen. Maar o, gaats, toe trap Georgie-boy op haar elegante rok se sleep! (Sien foto).

Jy beter ligloop, George, sy sal jou oor haar skouer gooi, maak nie saak hoe hoog haar hakke is nie... Gelukkig is die twee so verlief, sy sal nie sommer met hom begin stoei nie!

Die twee se verhouding is nog ’n nuutjie nadat George se verhouding met Elisabetta Canalis in Augustus vanjaar op die rotse geloop het. Hulle was twee jaar lank saam, maar gerugte dat sy graag wou trou en kinders hê, het George glo koue voete laat kry.

Die dailymail.co.uk berig dat hy vantevore gesê het hy het al die getroude lewe probeer en dit het nie gewerk nie. “Ek het al lang verhoudings met vroue gehad, maar hulle raak gou verveeld as hulle besef ek werk altyd. Ek wil net nie vir iemand ’n slegte eggenoot wees nie, ek wil nie myself of enigiemand anders deur daardie pyn sit nie,” het George gesê.

George en die rofstoei-ster het hul verhouding in September 2011 bevestig.