Dit lyk asof herfs in die Noordelike Halfrond die seisoen is om te trou! George Clooney is gewoonlik baie privaat, maar is duidelik baie opgewonde oor sy troudag met die pragtige prokureur Amal Alamuddin oor ’n paar weke.

Die 51-jarige Clooney het onlangs ’n paar besonderhede oor sy troue uitgelap, berig People. Hy het gesê hy het die 36-jarige Amal in Italië ontmoet het en dat hulle "oor ’n paar weke" in Venesië afhaak. Amal en George by die Celebrity Fight Night-liefdadigheidsgeleentheid in  Florence in hul Ermanno Scervino-skeppings.  FOTO: vergunning van Ermanno Scervino Amal en George by die Celebrity Fight Night-liefdadigheidsgeleentheid in Florence in hul Ermanno Scervino-skeppings.
FOTO: vergunning van Ermanno Scervino Die paartjie het in die Noordelike Halfrond se lente verloof geraak. Kyk hier na George se liefdeslewe vóór Amal.

Onlangs getroud!

Kom ons begin met wie nié getrou het nie. Daar was baie mediaberigte dat sanger James Blunt en Sofia Wellesley die afgelope naweek op die eiland Majorka, Spanje, getrou het. Hello! berig egter dat die plaaslike koerant Diario de Mallorca gesê het dat dié paartjie eers 19 September op dié eiland gaan trou. Die seremonie gaan glo plaasvind in ’n klein kapel op die dorp Campanet, waar Sofia se ouers, lord John Henry Wellesley en Corinne Vaes, ’n vakansiehuis besit. Blykbaar is prins Harry, prins William en Catherine, die hertogin van Cambridge, ook op die gastelys. James is ook goeie vriende met Elton John, wat na verwagting ook ’n trougas is.

Fran Drescher

Die aktrise Fran Drescher, bekend vir haar rol as Nanny Fine in die sitkom The Nanny, het getrou met die wetenskaplike Shiva Ayyadurai, berig LA Times. Dit is die 56-jarige Drescher se tweede huwelik. Sy was voorheen 21 jaar met die vervaardiger Peter Marc Jacobson getroud. Sy en Shiva (50), ’n dosent aan MIT (Massachusetts Institute of Technology), het ongeveer ’n jaar gelede ontmoet.

Neil Patrick Harris

images

Die akteur Neil Patrick Harris speel die rokjagter Barney Stinson in How I Met Your Mother, maar in die regte lewe het hy net oë vir een man.

  Die 41-jarige Neil het met sy maat van 10 jaar, David Burtka (39), getrou. Dié paartjie is reeds die ouers van ’n 3-jarige tweeling, Harper Grace en Gideon Scott.  

David en hul kinders, Harper en Gideon

Lees ook