Die sexy Skotse akteur Gerard Butler, bekend vir flieks soos The Bounty Hunter, The Ugly Truth en P.S. I Love You, kom eersdaags na SA om aan sy nuwe fliek, Machine Gun Preacher, te werk. Michelle Monaghan speel ook in die fliek.

Butler speel die rol van Sam Childers, 'n voormalige dwelmhandelaar en motorfietsryer wat tot bekering kom en dan 'n stryder word vir honderde Sudanese kindersoldate.

Dis egter nog onbekend presies wanneer Butler in SA aankom.

Enrique gee spesiale konsert by Emmarentia, 9 September

Enrique Iglesias Spaanse sang-sensasie Enrique Iglesias gaan in SA wees om die CLT20 (Champions League Twenty20-kriekettoernooi) af te skop. Sy liedjie ''I Like It'' is gekies as die temalied vir die Airtel CLT20-advertensieveldtog. Die konsert vind plaas by Emmarentia-tuine in Johannesburg en kaartjies is teen R330 te koop by Computicket. Of klik by www.clt20.com