Dae saam met die San in die Kalahari, tango in Argentinië en ’n AK47 teen sy bors – sanger Gerrie Pretorius deel sy gunsteling-plekke van kykNET se Leef jou reis.

SARIE se Gloria Cilliers gesels in die Oktober-uitgawe van SARIE met Gerrie Pretorius oor sy gunsteling- én naelbyt-oomblikke van die gewilde kykNET-reeks Leef jou reis. Dis een van ons gewildste artikels in dié uitgawe! Maak seker jy loop dit nie mis nie.

monique sutherland voorbladgesig oktober oktHier op SARIE.com deel ons Gerrie se 5 gunsteling-plekke.

Amsterdam, Nederland

Ek praat die taal en het wonderlike pêlle daar gemaak. Daar’s niks

lekkerders as om in die somer daar op die kanale te vaar nie. Oral

heers ’n feestelike atmosfeer, met kunsgalerye en straatkafees op

elke hoek. My vervoer is ’n fiets en saans kuier ek by Café Hoppe, wat

sedert 1670 bestaan.

Windmeulens in werkende toestand by die Zaanse Schans net buite Amsterdam, ’n gemeenskap waar hulle nog dinge op die ou manier doen FOTO: verskaf deur Gerrie Pretorius Windmeulens in werkende toestand by die Zaanse Schans net buite Amsterdam, ’n gemeenskap waar hulle nog dinge op die ou manier doen
FOTO: verskaf deur Gerrie Pretorius

Istanbul, Turkye

Die stad is nie verniet aangewys as een van die kulturele hoofstede

van die wêreld nie. Hier eet ek ongelooflike lekker, bekostigbare

kos. Ek besoek ’n tradisionele barbier vir die gladste skeer. As jy

’n bietjie meer wil waag, is ’n hammam (Turkse bad) ’n besonderse

sosiale geleentheid!

Motopi-pan, Sentraal-Kalahari, Botswana

Een van die laaste oorblywende wildernisgebiede ter wêreld

en byna drie keer groter as die Krugerwildtuin. Die Kalahari is

afgesonder, moenie ’n dieretuin verwag nie. Maar dís juis wat

dit so spesiaal maak. Die slag as die Kalahari jou beloon, is dit ’n

wildkyk-paradys! Saans klink dit of die leeus hier in jou tent brul,

só naby is jy aan hulle.

Motopi-pan FOTO: verskaf deur Gerrie Pretorius Motopi-pan
FOTO: verskaf deur Gerrie Pretorius

Paaseiland, Chili

Om te dink dié eiland sowat 4 000 km vanaf die Suid-Amerikaanse

kus is een van die mees afgeleë plekke ter wêreld, is reeds

besonders. Ek verkyk my aan die enorme uitgekerfde Moai-mensbeelde,

wat tot vandag toe nog ’n raaisel bly. Almal bespiegel oor die

indrukwekkende konstruksie, en hoe die beelde gemaak is en op die

eiland beland het.

Zermatt, Switserland

Dink aan ’n toneel uit Heidi en maal dit met tien! Dít is Zermatt. ’n

Beeldskone plek, waar ek selfs van die Alpe af gou Italië toe kon ski

vir middagete. Daar’s ongelooflike mooi staproetes en treinritte.

Saans stop jy met die ski’s by al wat ’n après-ski-kroegie is vir glu¨hwein

en ’n kaasfondue. Motors word nie in die dorpie toegelaat nie

en jy kan selfs in ’n borrelbad in die sneeu sit of in ’n regte igloe slaap.

In Switserland kuier Gerrie saam met 'n Sint Bernard-hond FOTO: verskaf deur Gerrie Pretorius In Switserland kuier Gerrie saam met 'n Sint Bernard-hond
FOTO: verskaf deur Gerrie Pretorius

monique sutherland voorbladgesig oktober okt Gerrie Pretorius deel in ons Oktober-uitgawe sy gunsteling- én naelbyt-oomblikke van die gewilde kykNET-reeks Leef jou reis. Dis een van ons gewildste artikels in dié uitgawe! Maak seker jy loop dit nie mis nie.