FOTO BO: Gert-Johan en Bertha le Roux in een van sy skeppings.

SA Fashion Week

Gert-Johan op die loopplank by die SA Modeweek met sy glansmodelle Jay Anstey, Thando Hopa en Bonang Matheba. Gert het vir Thando as die gesig van sy versameling gekies om aandag te vestig op albinisme. Hy is lief om sosiale standpunte in te neem met sy modeweekversamelings.

Gert-Johan en Arianne ZuckerGert-Johan, Vicky en Jay Anstey

FOTO LINKS: Die kameras flits vir Gert-Johan en Arianne Zucker van die sepie Days of Our Lives. Arianne dra een van sy rokke.

FOTO REGS: Gert-Johan, Vicky en Jay Anstey van Isidingo na die poeierverf gespat het by die 'We Are One Colour'-fees in April.

Gert-Johan saam met sy ouers

Gert-Johan saam met sy ouers,  Gert en Hesti Coetzee, op die plaas in Koster waar hy grootgeword het.

Gert-Johan en Vicky

Desembervakansie op die plaas in Koster. Gert-Johan en sy verloofde, Vicky Visagie, het die sewe tuindwergies 'n nuwe lagie verf en 'n hele nuwe voorkoms gegee.

Gert-Johan en verloofde Vicky VisagieDermalogica facial

FOTO LINKS: Gert-Johan en Vicky – dit sneeu in Johannesburg!

FOTO REGS: Een van sy gunsteling bederwe: sy maandelikse gesigbehandeling by Dermalogica.

Charlie en Oberon

Charlie en Oberon, die twee haarlose Sphynx-katkinders. Gert-Johan en Vicky het vier katte en ses hasies.