Dis darem lekker om 'n duur parfuum onder die Kersboom te kry. Mariska van Rooyen, SARIE se skoonheidsredakteur, kies 'n paar:

KIES DIE GEUR VIR JOU  

Flower by Kenzo (Essentielle)

Flower by Kenzo ESSENTIELLE
(R900 vir 45ml EDP) is 'n
huldeblyk aan Flower by
Kenzo. Dié nuwe geur is 'n
eenvoudiger vorm van die
oorspronlike se kenmerk-
note van jasmyn, vanielje,
swartpeper en pienk bessie.

Carolina Herrera se CH

Oosterse geur met 'n verskil:
Carolina Herrera se CH
(R770 vir 50 ml EDT) wil
spesiale oomblikke, soos die
reuk van dou op gras, in 'n
bottel vasgevang.

Chanel - Coco Mademoiselle Shimmering Touch

As jy van die parfuum hou,
sal jy mal weer oor Chanel
COCO MADEMOISELLE
SHIMMERING TOUCH

(R840 vir 45 ml). Dié lyfjel
gee glimmer en geur aan
skouers, colletage en arms.

Estee Lauder - Privat Collection Jasmine White Moss

 

Aerin Lauder, kleindogter van
Estée Lauder, het 'n parfuum-
formule ontdek wat haar ouma
onvoltooid gelaat het. Dié
Kersfees kan ons die voltooide
produk geniet: 'n Unieke groen
blomgeur, Estée Lauder
PRIVATE COLLECTION WHITE
MOSS
(R945 vir 30 ml EDP).
Drie generasie se wag was die
moeite werd!

 

 

A Scent by Issey Miyake

"Die natuur is die beste
parfumeur," glo mode-ontwerper
Issey Miyake. En A SCENT BY
ISSEY MIYAKE
(R965 vir 100 ml EDT)
vang die natuur vas met blaar-, blom-,
en vars lug-geure.

Revlon - Simply Enchanting

Die Oosterse houtgeure in Revlon
SIMPLY ENCHANTING
(R219,95 vir
50 ml EDT) word gekombineer met
pienk pomelo en nartjie

Ralph Lauren Romance Always Yours

10 jaar ná Ralph Lauren se Romance
kom Ralph Lauren ROMANCE ALWAYS
YOURS
(R785 vir 50 ml EDP). Dié
blomgeur vier romanse.

Warm Jo Malone VANILLA & ANISE
COLOGNE
(R520 vir 30 ml) boots die
geur van vanielje-orgideë na. Hulle
blom teen dagbreek in Madagaskar.