David en Cloe gaan al sedert 2007 uit en is verlede jaar in Junie getroud. Hy het voorheen aan People vertel hoe graag hy ’n gesin wou hê. Hy het gesê dit sal gebeur wanneer die tyd reg voel.

Deesdae is die oud-Friends-ster regisseur. Hy het onlangs die regie behartig van Trust, ’n prent waarin Clive Owen te sien sal wees. Hy is ook die stem van die mankolieke kameelperd, Melman, in Madagascar. Die derde film in dié reeks begin binnekort in teaters draai.