Dit was nie 'n gewone Sondagaand nie – bekendes in die mooiste uitrustings het van vroeg af op Carnival City se blou tapyt geskitter. Maar die blinkste ster by vanjaar se Ghoema-toekenningsaand was die Afrikaanse musiekbedryf.

Sterre van toeka én nou is toegejuig terwyl hulle hul goue beeldjies op die verhoog ontvan hetg. En die name wat uitgelees is, het bevestig hoe divers Afrikaanse musiek is – van Carike Keuzenkamp, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis en Nianel tot Die Heuwels Fantasties en Straatligkinders was onder dié wie se harde werk beloon is.

Die gehoor was gaande oor Dewald Wasserfal, nuweling van die jaar, se uitvoering van sy nuwe treffer, Eendag as ons groot is. Met nog optredes deur onder meer Corlea Botha, Dewald Louw, Johan C Venter, Nadia Beukes, Emo Adams, Willem Botha, Snotkop, Nadine en Juanita du Plessis was daar nie kans vir die gehoor om verveeld te wees nie.

Elma Smit, aanbieder van Dagbreek, was die gasvrou. Sy het pragtig gelyk in rokke wat deur Simon Rademan ontwerp is. Theuns Jordaan en Kurt Darren se albumverkope van oor die miljoen het aan hul albei die gesogte "Ghoema-diamant" besorg.

As jy nie gisteraand se opwinding self kon beleef nie, kan jy dit hierdie Sondagaand kyk wanneer dit op kykNET uitgesaai word.

KLIK VIR NOG FOTO'S

Hiér is die wenners:


Album van die Jaar
Theuns JordaanRoeper

Manlike Kunstenaar van die Jaar
Bobby van Jaarsveld

Vroulike Kunstenaar van die Jaar
Juanita du Plessis

Groep van die Jaar
Heuwels Fantasties

Liedjie van die Jaar
Bobby van Jaarsveld‘n Vrou wil dit hoor

Nuweling van die Jaar
Dewald Wasserfall

Beste Pop-album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
Juanita du PlessisJy voltooi my

Beste Pop-album deur ‘n Manlike Kunstenaar
Bobby van Jaarsveld ‘n Vrou wil dit hoor

Beste Kontemporêre album deur ‘n Manlike Kunstenaar
Theuns JordaanRoeper

Beste Kontemporêre album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
Nianel – My Hart

Beste Pop- of kontemporêre album deur ‘n Groep/Duo
Heuwels FantastiesAlles wat mal is

Beste Musiekvideo
Bobby van Jaarsveld‘n Vrou wil dit hoor

Beste DVD-produksie (live)
Juanita du Plessis & Theuns JordaanHart vol drome

Beste liedjieskrywer
Johan Vorster en Riana Nel (deel toekenning)

Beste Ligte Afrikaanse Klassieke musiek-album
RomanzHou vas

Beste Geeestelike Album
Retief Burger Luidkeels Dieper

Beste Humor-album
Thys, Die Bosveldklong Ek sal boertjie bly

Beste kinderalbum of –DVD
Carike Keuzenkamp Carike & Ghoempie in Bybelland

Beste Rock-album
StraatligkindersKonings met Verskonings

Beste Tradisionele album
Matthys MareeAfrikaans op Reis

Beste Instrumentale album
Sterling EQPulse

Beste Country-album
Heuning Heuning

Kyk die eNuus-video