Die 33-jarige Gisele het dié foto van haar skoonheidspan op haar Instagram-blad gedeel. Terwyl hulle haar gereed vir die kamera maak, is sy besig om haar jaar oue dogter Vivian Lake Brady te borsvoed.

Dié bekendes is voorstanders van borsvoeding - lees hier!

Sy het by dié foto geskryf dat sy niks sonder haar span kan doen nie, want sy het ’n vlug van 15 ure agter die rug en net 3 ure se slaap. Sy het onder andere die hashtag #multitasking ingesluit.

Mense het haar op sosiale media en moederskap-netwerke aangeval dat sy haar borsvoeding so openbaar maak. Ander vroue (en mans!) het tot haar verdediging gekom en gesê borsvoeding is een van die mees natuurlike dinge op aarde.

Nou kan jy jou mening gee – moes Gisele eerder nie dié foto gedeel het nie, of is daar niks daarmee fout nie?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Die Shameless-aktrise Emmy Rossum het reeds met dié foto van Gisele gespot deur te maak asof sy ’n pop borsvoed terwyl ’n skoonheidspan haar mooi maak. Sy het spottendergewys bygeskryf: "Hey @giseleofficial, I feel ya girl. #kidding #fakebaby #soymilk #shameless."

Nóg ’n kontroversiële foto

Gisele het in Julie vanjaar dié foto van Vivian gedeel met oorbelle. Op die stadium was Vivian maar net 7 maande oud en internasionaal het dié foto opskudding veroorsaak. Baie mense het gevoel Vivian is te jonk daarvoor.

Ons het vir SARIE.com-gebruikers gevra en julle opinies was ook gemeng - sommige mense het gevoel dit is beter om gaatjies vroeg in te skiet, ander het gesê Vivian was nog té jonk daarvoor.