Dié huis in Brentwood, Kalifornië, verskyn op die voorblad van Architectural Digest se Oktober-uitgawe. En dat die foto's lesers jaloers gaan hê, is verseker. Nie net is dit 'n pragtige huis nie, maar dit is ook baie gerieflik met 'n ontspanne atmosfeer.

"Ek hou van eenvoud en geselligheid," het die 33-jarige supermodel gesê. "Ek wil in 'n plek bly wat soos huis voel, waar jy jou voete bo-op die bank mag sit en net kan ontspan."

october2013cover.r_630w

FOTO'S: Dié huis is vir die hele gesin ingerig.

"Tussen my en Gisele het ons 8 susters én daar is 'n klomp kinders," het Tom (36) gesê. "Ons het die huis gebou sodat die hele familie hier kan inpas - 'n plek waar almal lekker saam kan kuier."

Dié paartjie het self ook drie kinders: Vivian (8 maande), Benjamin (byna 4) en Tom se seun by die model en aktrise Bridget Moynahan, Jack (6).

FOTO: Die kombuis FOTO: Die kombuis

Tom sê ook hulle het seker gemaak dat die argitek, Richard Landry, en die binneversierder, Joan Behnke, presies geweet het wat hulle wou hê. "Hulle het verstaan dat ons 'n gerieflike huis wou hê, en nie 'n styl-standpunt wil maak nie."

FOTO: Die gimnasium FOTO: Die gimnasium

Tom en Gisele beskou die bewaring van natuurlike hulpbronne as baie belangrik, en daarom het hulle besluit om dit 'n omgewingsvriendelike huis te maak - met onder meer sonpanele, kompos in die tuin en 'n besproeiingstelsel wat afloopwater herwin.

FOTO: Die aantrekkamer FOTO: Die aantrekkamer

Gaan loer na nóg 'n paar foto's op Architectural Digest se webtuiste!

Bron: Architectural Digest