Ná vele onsuksesvolle vrugbaarheidsbehandelings én borskanker, het Giuliana Rancic (37) en haar man Bill (41) besluit om hul ouerskapdrome met die hulp van 'n surrogaatma te bewaarheid. Hulle het die geslag van hul eersteling geheim gehou, maar dit Sondag 17 Junie tydens 'n ooievaarstee aan E! News verklap.

Baba Rancic word aan die einde van die Amerikaanse somer verwag. Ons kan nie wag om dié oulike mannetjie te sien nie!