Ná die harsteer nuus dat Giuliana en Bill Rancic se surrogaat hul tweede baba verloor het, hou dié paartjie moed dat hul wel binnekort weer ouers gaan word.

Dis duidelik dat die TV-sterre Guiliana en Bill gek is na hul 2-jarige eersteling, Duke. Kyk maar net na hul sosialemedia-blaaie.

Maar ná die nuus dat hul surrogaat, wat ook vir Duke in die wêreld gebring het, op 9 weke ’n miskraam gehad het, het hul vir eers hul droom van ’n tweede kind eenkant toe geskuif.

Hulle vertel aan E! Online hulle wil baie graag nog ’n kind hê, maar dat hulle nou eers weer daaroor begin praat het. "Hopelik sal dit vroeër as later gebeur, maar ons sal graag nog ’n kind wil hê ..."

bill_giuliana_rancic_meet_baby_son_edward_duke

Bron: E! Online

Lees ook