Cory het nie 'n oudisie vir die fliek McCanick gedoen waarin hy die hoofrol gespeel het nie. Die fliek handel oor 'n dwelmverslaafde wat tronk toe gaan vir moord. Ná 'n gesprek met die regisseur, Josh C. Waller, het Monteith oopgemaak oor sy verlede. Hy het vertel dat hy dié karakter baie goed ken, dat hy die karakter was en elemente van dié karakter se lewe geleef het.

"Ek het 'n moeilike jeug gehad," het Cory gesê.

Dit is nou minder as 'n jaar later en die vraag op almal se lippe is of sy verlede hom ingehaal het. Die outopsie is Maandag (15 Julie) uitgevoer en die resultate is nog nie bekend nie.

Friends-akteur oor sy stryd teen verslawing

Monteith het glo in April vanjaar 'n maand in 'n rehabilitasie-kliniek deurgebring. Sy dwelm- en alkoholverslawing het begin toe hy 12 jaar oud was. Hy was in sy kort leeftyd in 16 verskillende skole, en hy het op ouderdom 16 skool verlaat.

Die keerpunt het gekom toe hy 19 was en sy familie 'n ultimatum gestel het: Staak dit of gaan tronk toe (hy het geld by 'n familielid gesteel).

Mans klou ook vas aan emosies

"Ek het my lewe verander en na 'n ander stad getrek. Daar het ek by 'n vriend van my ma gebly wat ook in rehabilitasie was. Daar het ek besluit dat ek 'n akteur wil word,: het Monteith vertel.

Toe hy in 2009 die rol van Finn Hudson in Glee gekry het, het hy ekstra hard probeer om 'skoon' te bly. Monteith het baie op sy meisie en mede-ster, Lea Michele, gesteun. Sy het by hom gestaan deur dik en dun.

Niemand weet wat die aand van sy dood gebeur het nie. Hy het sy hotelkamer saam met 3 onbekende persone verlaat en rondom 2:15 die oggend teruggekeer. Hy is die volgende dag dood gevind.