Die sanger Jay du Plessis se nuutste album, #DisHoeOnsRol, het pas die 40 000 verkope-kerf verbygesteek en nou platinum-status behaal.

Boonop het Jay die afgelope naweek groot gewen by die Ghoema-toekennings - #DisHoeOnsRol is aangewys as die Beste Pop-album deur ’n manlike kunstenaar én die lied "Superhero" het die Ghoema vir Liedjie van die Jaar gewen. Vir dié lied het Jay en die vorige lede van Eden saamgewerk.

Nóg ’n treffer van Jay en Lianie May

Jay het die liedjies op #DisHoeOnsRol saam met Ewald Coleske, Johan Oberholzer en Christoph Kotzé geskryf.

FOTO's: Jay hou ooievaarstee vir sy Mia

Jay en Mia du Plessis by hul oudste seuns, Aidan (7) en Samuel (4) FOTO: Spheratical Productions Jay en Mia du Plessis by hul oudste seuns, Aidan (7) en Samuel (4)
FOTO: Spheratical Productions

"Die mense saam met wie ek werk, voeg almal hul talente by my visie. Saam maak ons gróót dinge gebeur," sê hy oor die sukses van sy tweede vollengte studio-album, wat ook benoem is vir ’n SAMA (South African Music Award) in die kategorie vir Beste Pop-album deur ’n manlike kunstenaar.

Jay praat oor ouerskap

Platinum-status, twee Ghoema-toekennings, ’n SAMA-benoeming én sy vrou, Mia, se swangerskap met hul derde seun... Dit lyk of 2014 ’n groot jaar vir Jay gaan wees.