Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se seun, Jordan, het vroeër die maand ’n kogleêre inplanting gekry. En Amor het op Facebook vertel dat dié operasie ’n sukses was.

Dié inplanting is gister aangeskakel ná die operasie aan die begin van die maand. Die elektroniese toestel gee vir Jordan "sy tweede kans om te hoor" het Amor destyds geskryf.

En dit lyk asof die operasie ’n groot sukses was! Amor sê dat Jordan nou kan hoor, maar dat alle geluide vir hom nog vreemd en hard is. Sy skryf:

Ek is so dankbaar, emosioneel en opgewonde om vir julle te kan se dat Jordan kan hoor! Met die eerste geluid wat hy kon hoor was hy geskok, maar hy kon al die instruksies wat aan hom gegee is, uitvoer. Toe hy sy hande klap, en hy die geluid kon hoor, het hy breed geglimlag.  Al die geluide is vir hom nog vreemd en baie hard - ek moes selfs die radio in die motor sagter stel. Dit gaan vir hom ’n aanpassing wees en ek weet daar wag nog ’n lang pad voor maar ek loof en prys ons God vir hierdie wonderwerk en die geleentheid wat Jordan ontvang het. Dit is vir hom ’n nuwe begin.

FOTO: Twitter @amor_vittone FOTO: Twitter @amor_vittone

Lees ook