Mej. Suid-Afrika, Rolene Strauss, se kans om met die Mej. Wêreld-kroon weg te stap het nóg beter geword. Sy is gekies as een van die top-10 finaliste in die Mej. Wêreld Beauty with a Purpose-afdeling. Rolene is sedert verlede maand in Engeland waar sy saam met die skoonhede van ongeveer 125 ander lande voorberei vir die Mej. Wêreld-kroningsplegtigheid. Kenners meen sy is een van die gunstelinge om die titel te wen, en nou het haar kanse nóg beter geword. Deel van die Mej. Wêreld-kompetisie is liefdadigheid en Rolene is een van die 10 finaliste in die Beauty with a Purpose-afdeling. Sy ding in dié kategorie mee met skoonhede van Engeland, Indië, Brasilië, Indonesië, Kenië, Guiana, die Filippyne, Bolivië en Nederland.

Hierbenewens is sy een van 20 finaliste in die topmodel-afdeling, waar sy onder andere meeding met Mejj. Australië, Frankryk, Rusland en Namibië.

Maar die belangrike titel word eers op 14 Desember in Londen beslis. Ons hou duim vas, Rolene!

Kyk hier: Rolene neem deel aan ’n debat as deel van dié kompetisie

Lees ook