Die jaar is nog ’n groentjie, maar Hollywood het reeds begin met sy seisoen van toekennings. Gisteraand was dit die Golden Globes en die komediant en TV-aanbieder Jimmy Fallon het gasheer gespeel. Veral een rolprent het koning gekraai: La La Land. Dié musiekblyspel het in totaal sewe Golden Globes losgeslaan, en nie net is dit as beste film in die kategorie aangewys nie, maar die twee hoofspelers, Emma Stone en Ryan Gosling, is ook as beste aktrise en beste akteur vereer.

Lees meer oor La La Land hier.

Die aand het vir twee verrassings gesorg. Kritici was gaande oor Natalie Portman se spel in die biografiese rolprent Jackie - lees meer hier. Gisteraand het almal gedink sy gaan as beste aktrise in ’n drama aangewys word, maar die Franse aktrise Isabelle Huppert het met die louere weggestap vir haar vertolking in die sielkundige riller Elle.

In die kategorie vir beste drama is groot lokettreffers soos Hacksaw Ridge met Mel Gibson in die regisseurstoel en Manchester by the Sea (Kenneth Lonergan) uitgestof deur Barry Jenkins se Moonlight.

2016-10-30-1477863644-6514640-moonlight

Hier’s ’n lys van nog wenners. Wenners is in swart gemerk.

Beste rolprent: Drama

Moonlight 

Manchester by the Sea

Lion

Hacksaw Ridge

Hell or High Water

Beste rolprent: Musiekblyspel of komedie

La La Land

20th Century Women

Sing Street

Florence Foster Jenkins

Deadpool

Beste aktrise: Drama

Isabelle Huppert, Elle 

Natalie Portman, Jackie 

Ruth Negga, Loving 

Amy Adams, Arrival 

Jessica Chastain, Miss Sloane

Beste aktrise: Musiekblyspel of komedie

Emma Stone, La La Land

Annette Bening, 20th Century Women

Lily Collins, Rules Don’t Apply

Meryl Streep, Florence Foster Jenkins

Hailee Steinfeld, The Edge of Seventeen

Beste akteur: Drama

Casey Affleck, Manchester by the Sea 

Denzel Washington, Fences 

Joel Edgerton, Loving 

Andrew Garfield, Hacksaw Ridge 

Viggo Mortensen, Captain Fantastic

Beste manlike byspeler

Mahershala Ali, Moonlight

Jeff Bridges, Hell or High Water

Dev Patel, Lion

Simon Helberg, Florence Foster Jenkins

Aaron Taylor-Johnson, Nocturnal Animals

Beste vroulike byspeler

Michelle Williams, Manchester by the Sea 

Viola Davis, Fences 

Naomie Harris, Moonlight 

Nicole Kidman, Lion 

Octavia Spencer, Hidden Figures

Beste regisseur

Damien Chazelle, La La Land 

Kenneth Lonergan, Manchester by the Sea 

Barry Jenkins, Moonlight 

Mel Gibson, Hacksaw Ridge 

Tom Ford, Nocturnal Animals

Beste akteur: Musiekblyspel of komedie

Ryan Gosling, La La Land

Ryan Reynolds, Deadpool

Colin Farrell, The Lobster

Hugh Grant, Florence Foster Jenkins

Jonah Hill, War Dogs

Beste draaiboek

Manchester by the Sea

La La Land 

Moonlight

Hell or High Water

Nocturnal Animals

Beste oorspronklike musiek

Arrival

Lion

La La Land

Moonlight

Hidden Figures

Vir die volledige lys van wenners klik hier.

Lees nou

Vier name vir Rolene Strauss se baba

Bang vir die kJ in jou drankie? Kies eerder dít

Blaas só nuwe lewe in jou klerekas