Volgens 'n Checkers-persverklaring is Ramsay is gekies "omdat hy as die strengste koskenner ter wêreld beskou word". Ramsay verskyn in Checkers se nuwe reklameveldtog waarin hy die prima-vleisreeks goedkeur. "Dié beroemde Britse sjef, wat bekend is vir sy kaalvuis-houding wanneer hy kos én sjefs beoordeel, het Checkers se vleis deeglik getoets," sê Checkers.

"Checkers het die laaste tyd hard gewerk om sy prima-vleisreeks te verbeter. Die Suid-Afrikaanse reus se vennootskap met Ramsay, wat met twaalf Michelin-sterre spog, lewer bewys van sy vertroue in die kleinhandel. Ná navorsing om vas te stel wie die geloofwaardigste koskritikus in die publiek se oë sal wees, is daar besluit om Ramsay in te span," verklaar Checkers.

Gordon Ramsay op stel vir Checkers

Toe dit kom by die verouderde biefstuk in die Steakhouse Classic-reeks, was Ramsay besonder beïndruk. Hy sê die snitte is goed verouder, met 'n uitstekende vermenging van vet en vleis, “nes jy in ’n puik restaurant sal kry”. Ramsay het voorts gesê die maatskappy se lamsvleis, wat sonder antibiotika en hormone op natuurlike weiding grootword, is “perfek”.

Ramsay het ook die Championship-boerewors geproe, en volgens hom verstaan hy heeltemal waarom dit die Suid-Afrikaanse boerewors is wat die beste verkoop. “Die feit dat wildsvleis ook die hele jaar deur beskikbaar is, bevestig dat Checkers jou eerste keuse as slagtery behoort te wees.”

Gordon Ramsay op stel vir Checkers

Neil Schreuder, Checkers se bemarkingsdirekteur, het gesê: “Ons het geweldig hard gewerk om te verseker dat ons slaghuisprodukte van wêreldgehalte is. Dit is ’n uitsonderlike voorreg dat iemand van Gordon se kaliber ons reeks goedkeur.”

Die eerste van twee TV-advertensies het op 19 Oktober op Checkers se Facebook-blad verskyn, en op 22 Oktober is dit op televisie bekend gestel.

Wat jy dalk nie van Gordon Ramsay geweet het nie:                                                                                                                     

  • Ramsay het twaalf Michelin-sterre
  • Hy is bekend as aanbieder van televisieprogramme oor mededingende kosmaak en kos, soos die Britse reekse Hell’s Kitchen, The F Word en Ramsay’s Kitchen Nightmares, asook die Amerikaanse weergawes van Hell’s Kitchen, Kitchen Nightmares en MasterChef.
  • Toe sy Restaurant Gordon Ramsay in 2001 ’n derde Michelin-ster kry, was dit die eerste keer dat ’n Skot dit regkry.
  • Ramsay is een van net vier sjefs in die VK wat drie Michelin-sterre vir sy restaurant kon behou. Die ander drie is Heston Blumenthal, Alain Ducasse en Alain Roux.
  • In September 2006 is hy as die invloedrykste persoon in die Britse gasvryheidsbedryf aangewys.
  • In April 2009 het Ramsay sy tiende agtereenvolgende Londense Marathon voltooi. Hy het reeds vyf keer aan die Comrades-marathon deelgeneem, en sê sy lewe sal eers vol wees as hy die Twee Oseane-ultramarathon in Kaapstad afgelê het.
  • In 2005 was Ramsay en sy vrou Tana die eerste paartjie wat ambassadeurs vir die vroue-liefdadigheid Women’s Aid geword het
  • Ramsay het ’n swart gordel in gevegskuns.
  • Ramsay is die skrywer van 11 kookboeke en twee outobiografieë, onder meer Roasting in Hell’s Kitchen: Temper Tantrums, F Words and the Pursuit of Perfection 2006.