As jy ’n aanhanger van die reekse Gossip Girl en The O.C. is, sal dié nuus jou bly maak! Gossip Girl-ster Leighton Meester en Adam Brody wat bekend geword het vir sy rol in The O.C het vroeër vanjaar begin uitgaan. En nou lui die trouklokkies vir hulle ...

Leighton en Adamhet mekaar in 2011 op die stel van die fliek The Oranges ontmoet en het sedertdien gereeld by mekaar gekuier. Hulle het eers aan die begin van vanjaar erken dat hulle ’n paartjie is. Dié 2 was omtrént geheimsinnig oor hul verhouding en is min saam gesien. En toe slaan hulle ons uit die veld met die aankondiging dat hulle verloof is. Leighton en Adam speel ook saam in die nuwe komedie Life Partners wat volgende jaar vrygestel word.

The Oranges

Adam Brody van The O.C  (FOTO: Instagram) Adam Brody van The O.C
(FOTO: Instagram)

Die 33-jarige The O.C-akteur het voorheen met sy mede-ster van dié reeks Rachel Bilson uitgegaan. Hulle was in The O.C ’n paartjie en het die rolle van Seth en Summer gespeel. Dié twee het in 2006 hul verhouding beëindig. Leighton en haar mede Gossip Girl-ster Sebastian Stan was vir twee jaar ’n paartjie voordat hulle in 2010 uitmekaar is.

Bron: News.com