Charlotte Casiraghi (hooffoto), die kleindogter van wyle prinses Grace Kelly, het gisteraand geboorte geskenk aan haar eerteling, Raphaël.

Die 27-jarige skoonheid en haar kêrel, Gad Elmaleh, het Dinsdagaand hul eersteling verwelkom in Monaco se Prinses Grace-hospitaal.

Dié nuus is tydens hul parlementsitting gedeel deur die president van hul Nasionale Raad. Hy het gesê: "Die koninklike familie het ’n nuwe lid!"

FOTO: Gallo Images / Getty Images Prinses Charlene en haar man, prins Albert FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prinses Charlene en haar man, prins Albert, was van die eerste besoekers om die nuwe ouers geluk te wens in die hospitaal waar Charlotte self gebore is.

Nuwe pa Gad (42) is ’n Franse komediant en het reeds ’n 12-jarige seun uit ’n vorige verhouding.

Hy het aan die tydskrif People gesê hy weet Charlotte gaan ’n goeie ma wees. "Sy is baie intelligent en het ’n goeie sin vir humor!"    

Sy gaan die beste ma in die wêreld wees, want sy is vrygewig en liefdevol - al die kwaliteite wat ’n ma moet hê.

- Gad Elmaleh

Bron: Hello!