Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith se vrou, Morgan Deane, neem deel aan vanjaar se Idols-kompetisie.

Die Idols-beoordelaar en 5fm-omroeper, Gareth Cliff, het vanoggend op sy radio-program gesê Morgan het vir ’n Idols-oudisie gegaan en het deurgedring na die volgende ronde van die kompetisie.

Gareth het gesê Morgan het baie mooi gesing en verdien dit om na die volgende ronde te gaan. Morgan het ook in 2006 aan die Britse kompetisie The X Factor deelgeneem.

Morgan Deane FOTO: Instagram (@morgandeane) Morgan Deane
FOTO: Instagram (@morgandeane)

Gareth Cliff deel die verhoog met Morgan Freeman en Bill Clinton

Morgan en Graeme het twee kinders - Cadence (1) en Carter (8 maande). Gareth en sy span het op die radio gespot dat Graeme, wat onlangs sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig het, miskien nou voltyds sal moet pa speel terwyl Morgan haar sang-drome volg.

Klein Cadence moes ’n veloorplanting kry

Kyk hier na Morgan se oudisie vir die Britse The X Factor.

Die oudisies vir die tiende reeks van Idols maak volgende naweek by die Staatsteater in Pretoria klaar.

WAT DINK JY? SAL JY AAN IDOLS DEELNEEM? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

BRONNE: 5fm & BBC