Wel, sy wil fokus op haar verhouding met haar nuwe kêrel, Simon Konecki. In die verlede het haar loopbaan altyd eerste gekom, en haar verhoudings en haar hart moes swaardra aan die gevolge.

Sy't aan US Vogue gesê dat sy vier tot vyf jaar gaan afvat, want wanneer sy net werk, misluk haar verhoudings.

"Nou gaan ek tyd hê om 'n gelukkige album te skryf en verlief te wees," het sy gesê.

"En dan weet ek nie wat ek gaan doen nie. Dalk trou en kinders kry. Of 'n groentetuin plant."

Adele meen sy's 'n goeie meisie vir Simon, want sy hou van kook, sy lag baie en is boonop mal oor seks.

"Ek is ook mal oor 'n bietjie drama, en dis nie noodwendig 'n goeie ding nie. My bui gaan baie maklik van 'ek is mál oor jou' na 'trap uit my huis uit!'. En dan kry ek stilstuipe."

Daarom gaan sy nou aan die liefde werk.