Jy het nog net vier dae om in te skryf! Op 31 Mei om 00:00 sluit inskrywings.

Ja, dis die 10de jaar van SARIE Voorbladgesig! Meer as 60 000 vroue van reg oor Suid-Afrika het al oor die jare ingeskryf, en baie se lewe is vir altyd verander deur die kompetisie.

SKRYF NOU IN

Dis ook die eerste jaar van SARIE Nuwe Gesig - ons splinternuwe wedstryd. Dit is deel van SARIE Voorbladgesig en leerders tussen 16 en 18 (graad 10 tot 12) kry die kans om ontdek te word. 

Hier is 5 redes waarom jy vandag moet waag

1. #JyIsGenoeg

Daar is letterlik niemand soos jy nie. Dis vanjaar ons leuse én ons glo daarin. #JyIsGenoeg. Die wêreld waarin ons leef, wil ons dikwels laat glo ons is nie genoeg nie. Nie slim, slank of snaaks genoeg nie. Maar dis bog! #JyIsGenoeg. Skryf in, waarvoor wag jy?

2. Broodnodige woema en TLC!

Om in te skryf benodig jy foto’s. En dis glad nie nodig vir professionele foto’s nie – een van ons VBG-wenners, Carlize Earle (2015), het met ’n selfie ingeskryf. So gryp jou slimfoon en neem foto’s. En die voordele? Jy gaan mooi aantrek, jou lippe inkleur, jou grendeltyd-kapsel liefde gee en sommer 100% beter voel. ’n Bietjie TLC laat jou altyd soos ’n nuwe mens voel.

3. Niks om te verloor nie

Wie nie waag nie, wen nie. Doen dit vir jouself, glo in jouself!

Wat sê van ons vorige wenners?

Hulle het almal gewaag en aan SARIE Voorbladgesig deelgeneem. 

Alrie Velleman, SARIE VBG se eerste wenner, sal altyd dankbaar wees dat sy ingeskryf het. “As jongmens is jy so beïnvloedbaar. Jy kyk na modelle en dink jou bene is te dik, of jou middel te groot – elkeen het ’n probleem met haar lyf. Dit laat jou dan wonder of jy goed genoeg is. Maar om myself op die voorblad te sien het my selfvertroue beslis ’n hupstoot gegee. Nou weet ek wie en wat ek is, is goed. Ek beklemtoon wat ek dink is mooi, en vergeet van die res. Ek is gemakliker in my vel.”

Tana Ferreira, SARIE se tweede VBG-wenner, het geleer dis gesond om lief vir en trots op jouself te wees. “Dis die enigste manier hoe jy iewers kom.”

SKRYF NOU IN