Ná maande se inperking is die troubedryf stadig maar seker besig om hulself weer af te stof en op te staan. Verskaffers bied weer hul dienste aan, bruidspare trou en liefde is in die lug.

In die wêreld van Instagram het die bekende paartjie Danie en Marguerite kamma-kamma getrou. Die rede? ’n Fotosessie vir Smoorverlief Bridal. Marguerite het beeldskoon gelyk, terwyl Danie sjarmant in sy pak gelyk het.

Kyk die pragtige fotosessie hier:

Vroeër vanjaar het Marguerite in ’n SARIE.com-artikel verklap wat haar gunsteling-liedjie van Spoegwolf is. “Dis moeilik om te kies! Ek love “Glenda”, ek hou van “Wandelliedjie”, ek is mal oor “Blou” en ek hou van “Mayday”. Almal! As ek nou moet sê, is my gunsteling “Glenda”. Ek dink daar is ’n universele tema wat meeste verhoudings mee sukkel en kan vereenselwig.”