Die popsanger en liedjieskrywer Karlien van Jaarsveld het te midde van inperking groot vreugde ontvang. Haar babaseuntjie is op 1 April gebore en hy gaan vandag saam met sy ma huis toe. 

“Hy is perfek, gesond. Ek dink enige ma wat ’n prem-baba in die hospitaal moes agterlaat en met leë arms moes huis toe gaan, sal weet watter vreugde en voorreg dit is.”

View this post on Instagram

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Dis Karlien en manlief, Joe Breytenbach, se tweede wonderwerk. Hulle het reeds ’n ougat-krulkop Elah. En Karlien het ook ’n tweeling, Daniël en Eliah. 

In 2017-onderhoud met Fanie Cronjé het Karlien gesê dat ma-wees die beste ding is wat met haar kon gebeur het. 

Sy is nie al bekende wat in hierdie onsekere tyd ’n nuweling verwelkom het nie. 

Die eNuus-joernalis en nuusleser Daniëlla van Heerden en haar nuusfotograaf-man, Cornel van Heerden, het onlangs hul eersteling, Simoné Janke, verwelkom.

En die rolprentpaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts het hul seuntjie, Cameron, vier weke terug ontmoet.