Jou Junie-SARIE kom met 'n gratis notaboekie vir jou handsak in 4 tref-kleure: swart, groen, turkoois of pienk. Dié helder klerue sal sorg dat jy dit dadelik in jou handsak kan vind, en die sagte afwerking voel heerlik luuks.

Die Junie-uitgawe is weens operasionele probleme op die bindmasjiene laat op die rakke. Maar kyk uit daarvoor én jou prag-notaboekie vanaf vandag (Dinsdag 18 Mei). Alle kopieë sal teen Donderdag dié week oral in SA beskikbaar wees. Jammer vir enige ongerief!

Geniet jou notaboek en jou propvol Junie-SARIE!