Saam met die Mei-uitgawe van SARIE - wat reeds van 6 April te koop is - kry jy 'n gratis notaboekie wat perfek in jou handsak pas.
Die modieuse omslag van kuns-krokodilvel is beskikbaar in 4 tref-kleure: rooi, swart, pienk en silwer. Daar's plek vir jou persoonlike
besonderhede en belangrike detail, asook 'n gaatjie vir jou gunsteling-pen. Moet dit nie misloop nie!

* Ook saam met jou Mei-uitgawe: 'n EKSTRA Mode&Skoonheidsbylae met 120 moet-weet-stylwenke vir winter. Geniet!

* Wen 20 rugbykaartjies vir die Vodacom-Drienasies-wedstryd in Bloemfontein op 25 Julie en Kaapstad op 8 Augustus. Sien die Mei-uitgawe vir details.