Kupido. Dís Marciel Hopkins se nuwe naam en binnekort gaan sy help om liefde na van die land se mooiste plase te bring. 

Ja, as daar nie ’n man in haar lewe was nie, sou Marciel ook ’n brief vir van dié hubare boere skryf. “Hulle is uitgesorteerde manne, aantreklike manne, intelligente manne en talentvol.”  

FOTO Instagram / Marciel Hopkins

Marciel verklap van die boere is ook baie musikaal. “Dis ’n wonderlike en uiteenlopende groep om van te kies. Ek is hard aan die werk om van my vriendinne wat nog enkellopend is, te oortuig om in te skryf,” skerts sy. “Elke boer was sover uiters, uiters aangenaam.”

Lees die volledige onderhoud hier

Luidens die amptelike persverklaring: “In die verlede is Boer soek ’n vrou, wat vanjaar deur Marciel Hopkins aangebied word, van Oktober tot Januarie uitgesaai, maar die Covid-19-pandemie het produksie vertraag en die dertiende reeks sal dus eers in 2021 op kykNET afskop. Kykers sal die boere se liefdesreis van Donderdag 21 Januarie kan begin volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het.”

Die 10 boere wat liefde soek

Boer Albert

Ouderdom: 24

Boerdery: Rooibostee, sitrus en skaap

Gebied: Clanwilliam, Wes-Kaap

Boer Albert FOTO Verskaf

Boer Déan

Ouderdom: 28

Boerdery: Makadamianeute 

Gebied: Nelspruit, Mpumalanga

Boer Déan FOTO Verskaf

Boer Hannes

Ouderdom: 52

Boerdery: Gemeng

Gebied: Kroonstad, Vrystaat

Boer Hannes FOTO Verskaf

Boer Kobus

Ouderdom: 52

Boerdery: Gemeng

Gebied: Randfontein, Gauteng

Boer Kobus FOTO Verskaf

Boer Marthinus

Ouderdom: 25

Boerdery: Gemeng

Gebied: Arlington, Vrystaat

Boer Marthinus FOTO Verskaf

Boer Mathys

Ouderdom: 25

Boerdery: Skaap, bees en bosbou

Gebied: Dullstroom, Mpumalanga

Boer Mathys

Boer Niel

Ouderdom: 32

Boerdery: Vrugte

Gebied: Grabouw, Wes-Kaap

Boer Niel FOTO Verskaf

Boer PF

Ouderdom: 30

Boerdery: Vee, groente en saad

Gebied:  Laingsburg, Wes-Kaap 

Boer PF FOTO Verskaf

Boer Richann

Ouderdom: 29

Boerdery: Skilderbokke

Gebied: Vredefort, Vrystaat

Boer Richann FOTO Verskaf

Boer Stephan

Ouderdom: 40

Boerdery: Bees en saai

Gebied: Lichtenburg, Noordwes

Boer Stephan FOTO Verskaf

Diegene wat die boere beter wil leer ken en wil inskryf, kan een van die volgende drie opsies doen:

* Skryf in op kykNET se webtuiste

* Bel 079 335 5137 

* Stuur ’n e-pos na boer@marche.media (Let wel .media en nie .co.za nie) 

Inskrywings moet voor middernag op 8 Augustus 2020 ingedien word.