Sarah Drew, beter bekend as April Kepner in die TV-reeks Grey's Anatomy, se Grey's-karakter is nie die enigste een wat babanuus gekry het nie ... Die aktrise het haar Twitter-blad gebruik om aan te kondig dat sy swanger is! Sy het ’n foto van haarself met haar swanger boepie gedeel.

Sarah het dié nuus eksklusief met People gedeel voordat sy die groot aankondiging met haar 290 000 volgelinge op Twitter gedeel het. Lees die artikel op People se webblad hier. Sarah en haar man, Peter Lanfer, se oudste seun, Micah Emmanuel (2), is volgens sy ma nie ’n moeilike peuter nie. "Hy's baie makliker as die meeste peuters. Ek is baie, baie gelukkig," het sy met  People oor haar eersteling gedeel. "Ons kan nie wag om Micah aan sy klein boetie of sussie voor te stel nie," het sy ook gesê. In die laaste episode van die vorige seisoen van Grey's Anatomy het Sarah se karakter, April, uitgevind dat sy haar en haar TV-man, dokter Jackson Avery, se eersteling verwag. Nou blyk dit dat die aktrise nie te veel sal sukkel om swanger te lyk in die nuwe seisoen nie!

FOTO: Sarah en haar medester op Grey's Anatomy Camilla Luddington (dr. Jo Wilson).

Sarah, wat bekendheid verwerf het vir die rol van Hannah Rogers in die TV-reeks Everwood, speel ook in die nuwe fliek Mom's Night Out - kyk na die lokprent hier.

Bronne: People & IMDB