Afrika se heel eerste zip-line wat jou toelaat om oor krokodille te sweef, het oopgemaak! En Morning Live se Leanne Manas was die eerste om dié kabel te toets.

Dié zip-line - waar jy met ’n harnas aan kabels vasgemaak word en van punt A na B deur die lug sweef - by die Croc City Crocodile & Reptile Park buite Johannesburg, is die eerste in sy soort in Afrika: Terwyl jy 150 m ver deur die lug sweef, sweef jy ook oor die park se Nyl-krokodille.

Leanne Manas berei haarself voor om bo-oor krokodille te sweef FOTO: verskaf Leanne Manas berei voor om oor krokodille te sweef.
FOTO: verskaf Dit word die Croc City FlyOver genoem. Leanne was taamlik gespanne voor sy dié avontuur aangepak het. Kyk wat het sy op Twitter geskryf.

WAT DINK JY? Sal jy dié avontuur aanpak? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.