Wat om vir die man te koop wat alles het? Angelina het ’n eiland vir manlief Brad gekoop. Dié eilandjie lê sowat 80 km van New York. Maar anders as ander celebs se eiland-eiendomme, het dié een sentimentele waarde vir Brad.

Angie het glo eers gehoor dat Brad se gunsteling-argitek, Frank Lloyd Wright, die twee huise op dié eiland ontwerp het, en toe eers besluit om die eiland te koop. Boonop is die eiland in die vorm van ’n hart.

FOTO: Google Maps FOTO: Google Maps

Die eiland, Petra, is baie privaat en sal vir dié groot gesin ’n ideale wegbreekkans gee. Dít het glo vir Angelina sowat $12.2 miljoen (R123 miljoen) uit die sak gejaag.

Brad, Angelina en hul kroos FOTO: Gallo Images / Getty Images Brad, Angelina en hul kroos FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die kleiner huis is in die 1950's gebou en die groter huis is volgens Frank se planne opgerig in 2008 - 48 jaar ná sy dood. Die huise het ’n pragtige uitsig en laat baie natuurlike lig deur.

www.privateislandsonline.com www.privateislandsonline.com

www.privateislandsonline.com www.privateislandsonline.com

Angelina het in 2006 vir Brad geneem om ’n toer deur Frank se huis te neem. Die kurator van dié huis sê Brad was baie ingelig oor argitektuur en het dit geniet om een van sy helde se werk van nader te bestudeer, berig Daily Mail.

Ander sterre wat ook eilande besit

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Mel Gibson

Nicholas Cage

Johnny Depp

Julia Roberts (links)

Robin Williams

Richard Branson

Gene Hackman

Steven Spielberg

Leonardo DiCaprio

Pamela Anderson

Bronne: Daily Mail, Yahoo!