Prins Harry het al voorheen erken dat Kate die suster is wat hy nooit gehad het nie. En tydens die verskillende geleenthede met die koningin se diamant-jubileum was dit duidelik watter goeie vriende dié twee werklik is. Die gesprekspunt, #bestbrotherinlaw, het selfs op die gonsnetwerk, Twitter, as 'n top-onderwerp verskyn.

Terwyl Prins William beslis die meer ernstige broer is, het die ondeunde prins Harry selfs op Buckingham-paleis se balkon 'n hele paar breë glimlagte uit Kate gekry.

Dis baie duidelik dat Kate met ope arms in die koninklike familie aanvaar is en dat dié twee koninklike broers – en nou ook Kate – 'n baie hegte, gemaklike verhouding het. Diana sou trots gewees het!