Dit lyk asof ons plaaslike sterre deesdae almal boekwurms is - ons sien al meer bekendes die geek-trend volg met die oorgroot brille wat hulle dra! Die akteur Ramey Short, beter bekend as dr. Quinton op die kykNET-sepie Binnelanders, het vandag op Twitter ’n foto van homself met ’n bril gedeel en gevra of sy volgelinge dink dokter Quinton sal eendag ’n bril kan dra. Wat dink jy van dié foto? Moet dokter Quinton bril dra?

Ramey is egter nie die enigste akteur wat van dié voorkoms hou nie. Sy Binnelanders-medester Reynardt Hugo, ook lid van die musiekgroep Adam, dra ook deesdae bril. Kyk net hoe het hy by die première van die nuwe fliek Pad na jou hart in Johannesburg gelyk!

FOTO: Phyllis Green Reynardt Hugo, Joe Foster, Hugo Ludik en Kyle Grant FOTO: Phyllis Green

Wie volg dié tendens ook suksesvol?

7de Laan op SABC 2 se Theodore Jantjies (wat die rol van Xander speel) asook James Alexander en sanger en akteur Bouwer Bosch volg dié tendens almal met styl. Ook Bobby van Jaarsveld het die voorkoms in die musiek-fliek As jy sing gedra.

Theodore Jantjies FOTO: Twitter Theodore Jantjies
FOTO: Twitter

Bouwer Bosch by 7de Laan se Simoné Nortman FOTO: Phyllis Green Bouwer Bosch by 7de Laan se Simoné Nortman
FOTO: Phyllis Green

Bobby as mnr. Conradie in 'As jy sing' Bobby as mnr. Conradie in 'As jy sing'

Vroue doen dit ook

Dis egter nie net ons manlike sterre wat dié voorkoms dra nie. Kyk net hoe mooi lyk die aktrise Leandie du Randt op dié foto met ’n bril!

Leandie du Randt saam met Ulricke Laubscher in 'n fotosessie vir Wooden Lace FOTO: Twitter Leandie du Randt saam met Ulricke Laubscher in 'n fotosessie vir Wooden Lace
FOTO: Twitter

Sangeres Beyoncé Knowles het ook dié voorkoms in haar nuwe musiekvideo probeer...

Beyoncé in haar nuwe musiekvideo VIDEOGREEP: YouTube Beyoncé in haar nuwe musiekvideo
VIDEOGREEP: YouTube

WAT DINK JY? WATTER TIPE BRIL LYK DIE BESTE BY JOU? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.