Die Afrikaanse aktrise Mila Guy vier vandag haar 26ste verjaardag met 'n piekniek met 'n Mexikaanse tema!

Mila se akteur-kêrel, Beer Adriaanse, en haar woonstelmaat, mede-aktrise Simoné Nortmann, was onder die gaste op die piekniek.

Op haar jong ouderdom het Mila reeds haar merk gemaak in suksesvolle TV-reekse soos Hotel (kykNET) en Erfsondes (SABC2). Sy het ook die hoofrol in flieks soos Wonderlus en Liewe Kersfeesvader vertolk.

Mila wou al van kleintyd toneelspeel en knyp haarself soms dat dit haar loopbaan geword het.

"Ek wou van kleins af net dit doen," het Mila in 'n SARIE.com-onderhoud vroeër vanjaar verklap.

Mila gaan volgende jaar te sien wees in kykNET se Sondagflieks-reeks.

KYK DIE PRETTIGE FOTO'S