Gwen Stefani het nog nie dié gerugte bevestig nie, maar sy het dit ook nie ontken nie. Die afgelope paar weke dra dié mode-bewuste ook los klere - iets wat die skindertonge dadelik opgemerk het.

FOTO: Gwen Stefani is dalk weer swanger

Gwen en haar man, Gavin Rossdale, is reeds die ouers van die 7-jarige Kingston en die 5-jarige Zuma. 'n Bron het aan In Touch Weekly gesê dié paartjie is baie opgewonde vir hul derde kind. "Hulle kan nie gelukkiger wees nie. Gwen rus nou meer - hulle wil seker maak die baba is gesond." In 2010 het Gwen aan die Amerikaanse Marie Claire gesê hulle het in die verlede probeer vir nóg 'n kind, maar dit het nie uitgewerk nie.

Sy het ook verduidelik hoe haar twee seuns haar lewe verander het. "Dit is soveel pret om 'n ma te wees, maar dit verander jou hele lewe. Soos wat hulle ouer word is daar soveel meer goed om te onthou - skool, sport, lees - dit raak baie ernstig."

Toe Gavin in 2011 op toer was met sy groep Bush, het sy eers besef hoe baie hy met die kinders help. "In ons verhouding kon ons baie keer ons eie ding gedoen het, maar met kinders is dit anders. Hulle het hom nodig."

Gavin is ook die pa van die 24-jarige model Daisy Lowe (foto onder).